Aochamub steeds in hospitaal



Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is steeds in 'n hospitaal in Europa.


Dít nadat hy vroeg verlede week met Covid-19 gediagnoseer is.


Aochamub het gister by navraag via Facebook aan Republikein gesê: “Ek is nog in die hospitaal, maar sterk goed aan.”


Hy sê boodskappe wat hom beterskap toewens, stroom steeds in.


“Ek het meer as 1 000 hangende boodskappe.”


Aochamub het verlede week in 'n aanlyn plasing almal bedank wat goeie wense gestuur het.


“Alle boodskappe word goed ontvang en waardeer,” het hy


gesê.


Met die aankondiging van 'n noodtoestand in Namibië by Staatshuis verlede Dinsdag het die minister van ­internasionale betrekkinge en ­samewerking en adjunk- eerste minister, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, onthul Aochamub het positief vir die nuwe coronavirus getoets.


Tot dusver is sewe bevestigde gevalle van die virus in Namibië aangemeld.


In 'n poging om die verspreiding van die siekte hok te slaan, is die Khomas- en Erongostreek van middernag vanaand af gehok.


– denver@republikein.com.na

© 2020 By NMH