Covid-19: Albertus Aochamub ontslaan


Denver Kisting – Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is uit die hospitaal ontslaan.


Dit kom nadat hy onlangs met Covid-19 gediagnoseer en in ’n Franse hospitaal opgeneem is.


In ’n aanlyn boodskap aan sy 3 830 volgelinge op Facebook, bedank hy almal vir hul ondersteuning. “Ek wil graag bevestig dat ek veilig tuis is nadat ek suksesvol ’n stryd teen Covid-19 gevoer het. Dankie aan almal wat my sterkte toegewens het, gebid het, gemediteer het en goeie wense gestuur het. Ek is vir ewig dankbaar. Ek weet nou ook hoe baie van my vriende is potensiële biskoppe en profete.”


-denver@republikein.com.na

© 2020 By NMH