Gratis aanlyn jogaklasse vir almal


Tanja Bause – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het gratis aanlyn jogaklasse bekend gestel. Die klasse sal vanaf Maandae tot Vrydae tussen 17:00 en 18:00 via Facebook Live op die webtuiste van die hoëkommissariaat ‘India in Namibia’ uitgesaai word.

Volgens mnr. Vipul Bawa, die hoof van die kanselary, is die gratis jogaklasse wat die hoëkommissariaat vanaf 2016 aanbied tydelik weens die Covid-19-pandemie opgeskort.

“Dr. Nikhila Hiremath bied twee jogaklasse vyf keer ‘n week aan. Sy bied ook nou die gratis klasse aanlyn aan.”


“Hierdie tyd is vir ons almal ‘n uitdaging. Ons moet almal by die huis bly maar dit is net so belangrik om kalm, ontspanne en gesond te bly. Mense in isolasie is gefrustreerd en verveeld en ons hoop dat die aanlyn klasse kan help.”

Hiremath se klasse sal jogaposisies (Yogasanas), asemhalingstegnieke (Pranayama), asook meditasie en ontspanningstegnieke insluit. Beginners sal ook kan deelneem.

“Mense wat die klasse van hul huis af wil bywoon moet verkieslik in ‘n stil goed geventileerde kamer wees en gemaklike klere dra. As iemand vrae oor joga het kan hulle vir my ‘n e-pos aan culture.windhoek@mea.gov.in stuur,” het Hiremath gesê.

Die klasse kan by https://www.facebook.com/IndiaInNamibia gevolg word. - tanja@republikein.com.na

Recent Posts

See All

© 2020 By NMH