Maltahöhe terug op die lug

Tanja Bause – Radio- en TV-opvangs op Maltahöhe is gister herstel nadat die Suidedorp vir drie dae van inligting afgesny is. Die ondebreking in dienste kom aan die begin van ‘n landwye inhokking om Covid-19 te beveg. Volgens me. Umbi Karahuaihe-Upi, NBC se sakehoof, het gesê seine is gister om 12:00 herstel. Reënweer in die omgewing het volgens Karuhaihe-Upi skade aan torings veroorsaak en ‘n helikopter was nodig om herstelwerk te doen.

© 2020 By NMH