SMS'e vir 1 April 2020


Waarom word trokke in Namibië in begelei tot in Windhoek, maar word nie weer terug na Suid-Afrika begelei nie?


The circus in Namibia continues with a government who falls left right and center over its own feet - just read about the transport issue under Corona/Covid 19 proclamation! Nothing wrong with the proclamation but it seems there is no effective communication about its implementation on the ground where it happens? Officials must implement this in a positive manner. Suddenly the transporters are seen as enemies of the state? What will happen now is a final run to the shops because no one knows if supply is guaranteed? The NDF must rather send uneducated members to their recently acquired farms to prevent them from causing irreparable damage and a total collapse of our economy. - Concerned Clown


Ja, mevrou. Jy sal jou huishulp moet betaal. Die mense leef met die finansiële minimum. Hoe gaan hulle sonder hulle salaris hulle gesin kan kos gee? Hulle bly nie vrywillig by die huis nie. Miskien doen dit goed om nou maar self eers te stryk en huis skoon te maak. Dalk sal werkgewers die werk van huishulpe meer waardeer.


Word die dames wat by trokbestuurders inklim ook getoets vir coronavirus? Hulle klim tussen padblokkades op en af.


CoW, hoe werk dit nou? Almal in informele nedersettings kry nou gratis water en ek, pensioenaris in Pionierspark, betaal dat dit bars en dit terwyl sluise by Von Bach oopgetrek word? Maak assebblief my sypaadjie se inlegstene weer reg as jul pyp gebars het. Buurman se meter is sommer heeltemal weg. Hoop ek kry ook gratis water, asseblief!


Wie kan anders as om die grootste respek en waardering vir president Ramaphosa te hê vir die besadigde, dog ferm, ernstige en mooi manier hoe hy sy nasie toespreek oor Covid-19. Uiters professioneel.


Kan die mense nie Saterdag halfdag bottelstore oopmaak nie sodat ons net weer genoeg stock koop?

© 2020 By NMH